Title: Hoofmeisie
Artist/Stars: Christel Van den Bergh
Contents: Nadia van Heerden (12) is ‘n liefdevolle en ambisieuse weeskind wat daarvan droom om Hoofmeisie van haar skool te word. Ten spyte van haar ouma se raad om die droom liewer te laat vaar, bly Nadia se fokus op die gesogte brans balkie. Haar harde werk word ongedaan gemaak deur die ander graad 6 meisies wat ‘n stokkie daarvoor steek.
Nadia se beste vriendin. Melissa, asook die geniepsige rabbedoe, Hetwieg en die slinkse Susan ding onder andere mee om dieselfde titel. Uiteindelik leer Nadia en haar klasmaats dat ‘n ware leier nie noodwendig in die kollig is nie, maar eerder iemand is wat van agter af kan lei en ‘n toonbeeld van eerlikheid en onselfsugtigheid is.
Die meisies se geniepsige ma’s moet egter hierdie les nog leer…
Hoofmeisie is ‘n skreeusnaakse familie-komedie wat handel oor vier laerskool meisies wat onder die invloed van hul kompeterende ma’s dieselfde droom deel – om hoofmeisie van Laerskool Stumbo Pops te word.








